As gemeente wil ons groei in liefde vir God en mense. Ons is passievol oor dissipelmaking en wil ‘n verskil maak by mense, in ons gemeenskap en in die wêreld. Jy is welkom!
As gevolg van die tydelike verbod op samekomste (voorlopig tot 15 Feb) sal ons preke elke week teen Saterdagaand reeds op die webtuiste en YouTube kanaal beskikbaar wees. Kontak gerus die kantoor indien jy sukkel met data, dan kan ons vir jou ‘n DVD sny of die preek op ‘n geheue stokkie gee.